6 Julie / Lukas 7:47 / Vergifnis
'n sondaar wat besef dat hul verlore is en baie genade ontvang het, kan nie anders as om vir die Here lief te wees en om Hom te dank nie.
"Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” - Lukas 7:47
Jesus maak hier 'n punt: 'n sondaar wat besef dat hul verlore is en baie genade ontvang het, kan nie anders as om vir die Here lief te wees en om Hom te dank nie. Hierdie vrou bewys haar dankbaarheid en liefde aan die Here.
Die Fariseër het nie veel van Jesus gedink nie (v. 39), as t'ware het die fariseër nie gedink Jesus kan enigiets vir hom doen nie; moontlik omdat hy gedink het dat hy goed is en rein of heilig is.
Oordenking
Besef jy waarvan jy gered is? Hoe wys jy vir die Here dat jy dankbaar is dat Hy jou sondes vergewe het en die ewige lewe gee?