5 Mei / Respek in die huwelik / Kolossense 3:18-19
Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo. Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. - Kol 3:18-19
Respek is 'n baie belangrike element in die huwelik. Wedersydse respek teenoor man en vrou, vir mekaar se rolle, mekaar se verskille en mekaar se swakhede en ook sterkhede.
As ek die tweede deel van hierdie vers lees, dan kan ek nie help en dink of die koffie bekers wat ek so onbewustelik in die huis laat rond lê, die lewe dalk vir my vrou bitter maak nie. Dit is dalk 'n simpel voorbeeld en iets wat ek regtig nie aspris doen nie, maar ek weet dit is iets wat my vrou baie pla. Dit sal van my verg om doelbewus te probeer oplettend wees en daaraan te werk.
Dink 'n bietjie
Wat is daar wat jy in jou huwelik doen, wat jy weet jy aan behoort te werk? Iets wat jy kan doen wat meer sal wys hoe jy respek vir jou vrou het nie?