5 Junie 2023 / Dien en vergewe / Efesiërs 4:32
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. - Ef 4:32
Om diensbaar te wees teenoor mekaar, ons naastes, die gemeente, gemeenskap en die Kerk - moet ons 'n gesindheid van vergifnis hê.
Waarom is dit belangrik? Want, sonder 'n gesindheid van vergifnis sal ons nie sommer moeite wil maak om iemand anders te dien nie. Wanneer jy iemand nie kan vergewe nie en 'n wrok teen hulle koester - sal dit moeilik wees om vir die Here diensbaar te wees teenoor daardie persoon.
Verder, nie net teenoor daardie persoon nie, maar ons hart is nie skoon en rein nie. Ons moet seker maak dat daar niks in ons harte en gedagtes is wat ons kan weerhou van die Here om ons te gebruik nie.