4 Julie / Matteus 18:21-22 / Vergifnis
Hoeveel keer sal jy iemand vergewe wat iets verkeerd doen teenoor jou? Hoeveel van ons sal iemand 3 of selfs 7 kanse gee? Maar, sal jy iemand elke liewe keer vergewe soos Jesus hier opdrag gee?
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer. - Matteus 18:21-22
Volgens die Rabbi's se tradisie of leringe was dit die praktyk om iemand 3x maal te vergewe. Petrus is hier baie "vrygewig" deur te vra of hy selfs 7 keer sy broer moet vergewe... Maar Jesus antwoord hom en sê basies, jy moet jou broer altyd vergewe. Daar is geen limiet nie.
Kou 'n bietjie...
Hoeveel keer sal jy iemand vergewe wat iets verkeerd doen teenoor jou? Hoeveel van ons sal iemand 3 of selfs 7 kanse gee? Maar, sal jy iemand elke liewe keer vergewe soos Jesus hier opdrag gee?
Indien nee... waar trek jy die streep en waarop baseer jy dit?