4 Februarie 2023 / Dissipels en liefde / Johannes 13:34-35

4 Februarie 2023 / Dissipels en liefde / Johannes 13:34-35
Photo by adrianna geo / Unsplash
Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” - Joh. 13:34-35

As ons mekaar lief het, dan sal almal weet dat ons dissipels van Jesus is. As daar liefde is, is daar eenheid, daar is vergifnis, daar is vriendelikheid en ons dra mekaar op die hande.

Hoe Christene met mekaar interaksie het, wys vir die wêreld of hulle werklik Jesus se dissipels is. Dieselfde geld natuurlik ook hoe ons met ongelowiges op tree, maar die klem hier is dat as jy werklik 'n dissipel van Jesus is, dan sal jy al die ander dissipels van Jesus lief hê.