31 Oktober / Passop vir Nuttelose dinge / Spreuke 12:11

31 Oktober / Passop vir Nuttelose dinge / Spreuke 12:11
Photo by Tom Morel / Unsplash
Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, het nie verstand nie. - Spr. 12:11

Om getrou te wees in jou werk en met ywer te werk sal maak dat jy die vrug daarvan pluk. Hierdie Spreuk waarsku ons om nie onsself besig te hou met dinge wat tydmors is nie, want dit kan maak dat ons ons werk afskeep.

Het jy al jouself gevind dat jy 'n idee het wat jy baie aan dink en wil nastreef, maar dis net (soos die Engels mooi sê) 'n "pie in the sky"? Om aanhoudend oor iets te droom wat nie binne jou bereik of vermoë is nie kan maak dat jy onproduktief is met dit waarop jy nou jou aandag behoort te spits.