30 Junie / Kolossense 1:19-20 / Vrede
Jesus Christus het vir my en jou aan die kruis gesterf, sodat daar vrede tussen ons en God kan wees.
God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. - Kolossense 1:19-20
Jesus Christus het vir my en jou aan die kruis gesterf, sodat daar vrede tussen ons en God kan wees. As ons ons geloof in Jesus Christus sit, dan hoef ons nie bang te wees vir God nie, ons kan met 'n rein gewete tot Hom nader.
Gebed
Prys die Here vir Sy groot genade en dankie Jesus dat U tot die dood toe gehoorsaam was aan die Vader en dat U, U liefde vir ons ook gewys het deur aan die kruis te sterf vir die sonde van die wêreld.
Daar is geen ander naam as die naam van Jesus Christus nie, ons verlosser, ons redder, ons Here en ons Koning. Amen!