30 Januarie – Toewyding vra volharding
Getrouheid oor tyd bring vrug. Moenie moed verloor nie. Die lewe is 'n wedloop, wanneer jy 'n marathon moet hardloop dan moet jy dit teen 'n gemaklike tempo hardloop.
Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes. - Galasiërs 6:9 (AFR20)
Oordenking:
Getrouheid oor tyd bring vrug. Moenie moed verloor nie. Die lewe is 'n wedloop, wanneer jy 'n marathon moet hardloop dan moet jy dit teen 'n gemaklike tempo hardloop. As jy voluit hardloop gaan jy gou moeg raak en uit sak – maar as jy dit weer net stap dan gaan jy dit nie betyds klaar maak nie. Volhard, wees toegewyd en moenie moeg word nie.
Vraag / Uitdaging:
Waar moet jy aanhou al voel jy moeg?
Gebed:
Here, gee my nuwe krag om aan te hou doen wat goed is. Help my om nie moed te verloor nie, maar om op U beloftes te vertrou. Amen.