3 Mei 2023 / Respek en 'n lang lewe / Efesiërs 6:1-3

3 Mei 2023 / Respek en 'n lang lewe / Efesiërs 6:1-3
Photo by Leonardo Yip / Unsplash
Kinders wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is ’n baie belangrike gebod. En daar is nog ’n belofte by: sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” - Ef 6:1-3

In gister se vers het ons na die gebod op sy eie gekyk in Eksodus en die konteks daar mag dit laat klink of die belofte net daar geldig was, maar hier herhaal Paulus die opdrag / gebod en hy sit heelwat klem op die belofte vir die wat hul ouers respekteer.

Dink jy die belofte is vandag steeds geldig?