3 Februarie 2023 / Die Groot Opdrag / Matteus 28:18-20
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” - Matt. 28:18-20
Jesus het ons met een groot opdrag gelos: gaan na die nasies toe en maak dissipels. Die evangelie het al oor die nasies versprei oor die laaste +-2000 jaar. Ons, wie die Here dien, pluk die vrug van die dissipels voor ons wie die evangelie verkondig het sodat dit by my en jou op eindig.
Dit is my en jou verantwoordelikheid om gehoorsaam te wees aan Jesus en dissipels te maak soos ons deur die lewe gaan.