3 April – My wil vs God se wil
Hy het toe 'n entjie verder gegaan, met sy gesig teen die grond neergeval en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan. Nogtans, nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” - Matteus 26:39 (AFR20)
Selfs Jesus het Sy wil voor die Vader neergelê. Oorgawe beteken om God se wil bo my eie te kies. Dit klink dalk eenvoudig om dit te sê - maar bedoel jy dit werklik?
Wat gebeur as dit God se wil is dat jy moet swaar kry? Of dat jy vervolg moet word? Of dat jy deur 'n moeilike tyd van siek of nood moet gaan, sodat jou geloof getoets kan word... of dat jy deur pyn en lyding moet gaan sodat iemand anders dalk bereik kan word?
Dit is maklik om te sê - maar wat is die implikasie as jy dit werklik bedoel?