29 Junie / Jakobus 3:17-18 / vrede
Die Goddelike wysheid wat ons van Bo ontvang moet ons gebruik om in die regte verhouding met God te staan en om vrede te maak.
Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. - Jakobus 3:17-18
Jakobus skryf dat as iemand wys en verstandig is, dat hy dit moet toon "deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig" (v13).
Die Goddelike wysheid wat ons van Bo ontvang moet ons gebruik om in die regte verhouding met God te staan en om vrede te maak. As Christen, word ons geroep om te getuig van ons geloof deur ons goeie dade. Die goeie dade en goeie eienskappe of vrug wat ander mense sien red ons nie, maar is 'n bewys van ons geloof in Jesus Christus en ons verhouding met God.
Gebed
Dankie Vader dat u vir ons wysheid gee. U Woord sê dat as ons vra vir wysheid, dat U dit vir ons sal gee. Vader, gee my asseblief die nodige wysheid om in vrede te kan lewe met die mense om my, sodat my lewe kan getuig van U. Amen.
Ek wil graag van jou hoor!
Kontak my gerus by [email protected] of Kliek hier om my te WhatsApp.
Groete, Riaan