29 Januarie – God is my rigting
Jesus wys nie net die pad nie – Hy ís die pad.
Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. - Johannes 14:6 (AFR20)
Oordenking:
Jesus wys nie net die pad nie – Hy ís die pad. As jy Hom volg, dan gaan jy altyd op koers bly.
Vraag / Uitdaging:
Volg jy vandag ’n rigting of ’n Persoon?
Gebed:
Here Jesus, dankie dat U die pad is wat ek volg. Help my om my lewe elke dag op U te rig. Amen.