29 April 2023 / Respek en 'n heilige lewe / 1 Petrus 1:14-16

29 April 2023 / Respek en 'n heilige lewe / 1 Petrus 1:14-16
Photo by Philipp Pilz / Unsplash
As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” - 1 Pet 1:14-16

As ons respek het vir God, dan behoort dit te lei na 'n heilige leefstyl wat eer aan God bring.

As ek iemand respekteer, dan gaan ek nie iets doen wat hulle kan te na kom of kan seer maak nie. Ek sal ook nie iets wil doen om hul getuienis skade te laat lei nie of hul beeld seer maak nie. Dieselfde geld met ons Here.

Het jy al ooit iets gedoen of op 'n manier opgetree wat God se beeld laat skade lei het omdat ons verteenwoordigers van Jesus is?