28 Julie / 'n Nuwe Tema / Liefde

Is jy lief vir mense? Hoe lief jy die mense in jou lewe het, word getoon deur hoe maklike n vinnig jy hulle kan vergewe en verby hul foute kyk.

28 Julie / 'n Nuwe Tema / Liefde
Photo by Michael Fenton / Unsplash

Die laaste amper 30 dae het ons na die tema van vergifnis gekyk. Die Bybel het heelwat om vir ons te leer oor vergifnis, maar vir my is daar een ding wat uit gestaan het en dit is dat vergifnis is net moontlik indien jy werklik besef waarvan jy self gered is en jy 'n goeie verhouding met die Vader het.

Vir die volgende rukkie gaan ons stil staan op die tema van liefde, maar nie net liefde opsig self nie - ons gaan kyk na wat liefde is en wat liefde ons dring om te doen vir ander.

Ek skop die tema af met 'n vers vanuit 1 Petrus 4:8

Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. - 1 Petrus 4:8

Wanneer ons werklik lief is vir iemand dan kan ons gou, of altans maklik, verby hul foute en kwale kyk. Ons kan vinnig of maklik vergewe. Jesus is lief vir ons en Hy vergewe ons sondes. Is jy lief vir mense? Hoe lief jy die mense in jou lewe het, word getoon deur hoe maklike en vinnig jy hulle kan vergewe en verby hul foute kyk.