28 April 2023 / Respekteer God se diensknegte / 1 Tessalonisense 5:12-13
Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar. - 1 Tess 5:12-13
Ek lag maar net so altyd in my mou wanneer ek iemand hoor sê, "Predikante werk mos nie hard nie. Hulle preek net op naweke." Dan dink ek by myself, jong... jy het geen idee hoe baie en harde werk die bediening is nie! Ds Chris herinner ons altyd dat predikante kan maklik lyf weg steek as hulle wil... Dit is heel moontlik waar, maar dan sal jy die vrug daarvan in hul bediening sien.
Of dit nou 'n predikant is, of 'n dienspan lid by die kerk of selfs net iemand wat op 'n manier bedien - ons moet moeite maak om hulle te respekteer en lief te hê.