26 Julie / Psalm 25:11 / Vergifnis
Ons weet dat God getrou is en ons sondes vergewe (1 Jn. 1:9), maar wat vir my uitstaan is dat Dawid God smeek. Die dui aan dat Dawid 'n verhouding met God het en die verhouding skoon wil hou.
Ter wille van u Naam, Here, vergewe my my sonde, want dit is groot. - Psalm 25:11
Ter will van U Naam... Dit is moontlik Dawid verwys na die karakter van God, soos dit aan die mens geopenbaar is. As iemand bekend is om 'n sekere karaktereienskap te hê, dan sal dit daardie persoon se naam of "getuienis" skade lei as hulle anderste optreë as dit waarvoor hulle bekend is. As iemand bekend is dat hy of sy baie vrygewig is, dan sal dit snaaks wees as hulle suinig optree.
Dawid smeek die Here hier om vergifnis. Hy weet dat God iemand is wie vergewe en daarom herinner hy eintlik die Here daaraan.
Ons weet dat God getrou is en ons sondes vergewe (1 Jn. 1:9), maar wat vir my uitstaan is dat Dawid God smeek. Die dui aan dat Dawid 'n verhouding met God het en die verhouding skoon wil hou.
As jy iets teen iemand na aan jou doen, jy weet hulle sal jou vergewe, maar steeds sê jy jammer. Hoekom? Nie omdat hulle jou dalk nie gaan vergewe nie, maar omdat die verhouding belangrik is.
Hoe belangrik is jou verhouding met die Here?