25 Julie / Matteus 18:35 / Vergifnis

Jesus waarsku ons dat dieselfde met ons sal gebeur as ons, wie al ons sondes in geloof vergewe is, nie dieselfde vergifnis aan ander toon nie.

25 Julie / Matteus 18:35 / Vergifnis
Photo by Grant Durr / Unsplash
“So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.” - Matteus 18:35

Jesus het 'n gelykenis vertel van 'n amptenaar wie vir die koning baie geld geskuld het. Die koning het die amptenaar se skuld vergewe en laat gaan. Die amptenaar, toe hy 'n mede-amptenaar raakloop wie vir hom geld skuld, het die skuld dadelik opge-eis en die man in die tronk laat gooi. Die konin was woedend toe hy dit hoor en die koning het toe die amptenaar wie se skuld hy afgeskryf het, laat haal en laat martel totdat hy al die geld terug betaal het.

Jesus waarsku ons dat dieselfde met ons sal gebeur as ons, wie al ons sondes in geloof vergewe is, nie dieselfde vergifnis aan ander toon nie.

Ek haal 'n stukkie in Engels aan vanuit die Bible Knowledge Commentary:

The Lord was teaching that forgiveness ought to be in direct proportion to the amount forgiven. The first servant had been forgiven all, and he in turn should have forgiven all. A child of God has had all his sins forgiven by faith in Jesus Christ. Therefore when someone sins against him, he ought to be willing to forgive … from the heart no matter how many times the act occurs (cf. 18:21–22; Eph. 4:32).

** Barbieri, L.A., Jr. (1985) “Matthew,” in Walvoord, J.F. and Zuck, R.B. (eds.) The Bible Knowledge Commentary: An Exposition of the Scriptures. Wheaton, IL: Victor Books, p. 63.

Die verantwoordelikheid om ander te vergewe, omdat ons van soveel meer vergewe is, is groot! Maar definitief doenbaar.

Ietsie om oor te dink

Vergifnis begin met 'n besluit, en nie 'n gevoel nie.


Ek moet amper 'n nuwe tema kies, ek het iets in gedagte, maar indien jy enige voorstelle wil maak, laat my gerus weet! Dalk het jy 'n beter tema in gedagte :-)