25 April 2023 / 'n Storie oor God se naam / Eksodus 20:7

25 April 2023 / 'n Storie oor God se naam / Eksodus 20:7
Photo by Open Heaven / Unsplash
“Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie." - Eks 20:7

Jong, as ek na hierdie gebod kyk en ek kyk om my... dan lyk dit my gaan baie gestraf word! God is heilig en Sy Naam is heilig. Daar is geen ander naam wat meer respek verdien - as die naam van God nie.

Dit herinner my aan 'n insident van toe ek op universiteit was:

Ek haat dit wanneer ek mense hoor God en Jesus se naam misbruik. Meeste van die tyd kan ons nie iets daaraan doen nie. Maar daar was eendag 'n hele paar jaar terug wat ek iets daaraan gedoen het.

 Een van my klasmaats se meisie het gedurig die Here se naam misbruik. Sy was ongered en gewoonlik sal ek nie optreë teenoor iemand wat ongered is nie, want ons kan nie van 'n ongeredde persoon verwag om op te treë soos iemand wat gered is nie. Nie te min, ons sit in die kafee besig om middagete te eet. Ons was besig om te gesels en die vriend se meisie haak af oor iets wat haar pla en sy sing amper haar deuntjie weer soos die tipiese Amerikaners en sy sê, "Oh my Goooooooood".

 Net op daardie oomblik, bam! Klap ek met my hand op die tafel dat almal wat om die tafel sit, hop soos hulle skrik. Ek het self ook geskrik. Ek kyk haar reguit in die oë en ek vra vir haar: "Ken jy Hom? Ken jy vir God? Want as jy Hom geken het, sou nie nie gewaag het om Sy naam te misbruik nie!"

 Daar was 'n doodse stilte om die tafel en van die mense in die kafee het na ons tafel gekyk. Ek kyk vir haar en vra: "asseblief, jy sal nie weer Sy naam voor my misbruik nie." Sy het in die jaar daarna wat sy en die vriend uit gegaan het, nie weer God se naam voor my misbruik nie.

 Dit was hoegenaamd heel moontlik nie die regte manier gewees om dit te hanteer nie. Ek kon haar eenkant toe gevat het en mooi gevra het, maar op daardie ingewing van die oomblik was ek net so moeg daarvoor. Ek mag haar dalk skaam gemaak het voor die ander of in die kollig gesit het, maar dit het almal met groot oë gelos. Ek was eintlik self verbaas oor hoe ek so vinnig gereegeer het, maar ek het regtig genoeg gehad.. jy weet?

Hoe kan ek en jy maak?

Ons moet mense leer van die Here. Dalk is hierdie vraag 'n manier om 'n gesprek aan die gang te kry: "Ken jy Hom ook? Ek hoor jy roep heeltyd Sy naam..." Dit kan 'n geleentheid gee vir hulle om of daaroor te lag, of daaroor te dink as hulle van jou af weg stap.