24 Junie / Efesiërs 4:3 / Vrede

Daar is hopeloos te veel onenigheid tussen Christene omdat ons nie mekaar kan verdra en ruimte maak vir mekaar om te verskil nie... Die koninkryk wen nie, vind nie baat daarby nie, wanneer ons nie in vrede kan saamwerk nie.

24 Junie / Efesiërs 4:3 / Vrede
Photo by Brett Jordan / Unsplash
3 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. - Efesiërs 4:3

Eenheid is ongelooflik belangrik en die eenheid tussen Christene word deur die Gees meegebring. Dit is ons verantwoordelikheid om die vrede met mekaar te handhaaf. Dit beteken dat ons partykeer verby ons verskille moet kyk en mekaar moet verdra, sodat ons die vrede en eenheid kan beskerm.

Daar is hopeloos te veel onenigheid tussen Christene omdat ons nie mekaar kan verdra en ruimte maak vir mekaar om te verskil nie... Die koninkryk wen nie, vind nie baat daarby nie, wanneer ons nie in vrede kan saamwerk nie.

Uitdaging

Dink 'n bietjie aan die mense met wie jy al in die verlede verskil het en vra jouself af of jy die situasie reg hanteer het, en of beter kon hanteer het.


Ek wil graag van jou hoor!
Kontak my gerus by [email protected] of WhatsApp my by 0849955840.
Groete, Riaan