24 Julie / Nehemia 9:17 / Vergifnis

Al draai ons ons rug op God, draai Hy nie Sy rug op ons nie. God is lankmoedig, genadig en barmhartig. Alles wat Hy doen, doen Hy uit liefde.

24 Julie / Nehemia 9:17 / Vergifnis
Photo by Brett Jordan / Unsplash
Hulle het geweier om te luister, hulle het nie die wonderdade onthou wat U vir hulle gedoen het nie. Hulle koppe was hard, hulle het in verset gekom en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny. Maar U is ’n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie. - Nehemia 9:17

Tenspyte van die volk wat herhaaldelik ongehoorsaam was aan God in die Ou Testament, was God elke keer getrou aan Sy volk. Hy het aangehou om hulle die pad te wys, Rigters op te rig en profete te stuur.

Hier sien ons dat al is die mens ontrou, bly God getrou. Al draai ons ons rug op God, draai Hy nie Sy rug op ons nie. God is lankmoedig, genadig en barmhartig. Alles wat Hy doen, doen Hy uit liefde.

Uitdaging

Toon ek dieselfde eienskappe aan my medemens? Is ek ook so genadig, barmhartig en lankmoedig soos God met my is?