1 min read

24 Januarie – Kies wat saak maak

Nie alles is ewe belangrik nie. Hier is twee situasies... die een is dat daar werk is wat gedoen moet word in die huis, maar Maria kies om met Jesus tyd te spandeer en te gesels in plaas daarvan om te help huis skoonmaak.
24 Januarie – Kies wat saak maak
maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die goeie deel gekies; dit sal nie van haar af weggeneem word nie. - Lukas 10:42 (AFR20)

Oordenking:

Nie alles is ewe belangrik nie. Hier is twee situasies... die een is dat daar werk is wat gedoen moet word in die huis, maar Maria kies om met Jesus tyd te spandeer en te gesels in plaas daarvan om te help huis skoonmaak.

Partykeer is dit nodig om te kies wat belangriker is op 'n gegewe oomblik – al is daar goed wat ook dringend ons aandag nodig het.

Vraag / Uitdaging:

Wat is vandag werklik belangrik?

Gebed:

Here, help my om te onderskei tussen wat dringend en wat werklik belangrik is. Leer my om die beste te kies. Amen.