23 Julie / Daniel 9:8 / Vergifnis

God is 'n regverdige God en Hy moet sonde straf. Daniel erken dat die teëspoed en ellende wat hulle oorgekom het, het hulle oor hulself gebring omdat hulle ongehoorsaam was aan God en dat hulle dit verdien.

23 Julie / Daniel 9:8 / Vergifnis
Photo by Ben White / Unsplash
Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U. - Daniel 9:8

Daniel bid names die volk en vra vir die Here om genadig en barmhartig te wees. God is 'n regverdige God en Hy moet sonde straf. Daniel erken dat die teëspoed en ellende wat hulle oorgekom het, het hulle oor hulself gebring omdat hulle ongehoorsaam was aan God en dat hulle dit verdien.

Daniel bid en wys dat omdat God regverdig is, beteken dit nie dat God nie genadig is nie. God vergewe die volk, tenspyte dat hul opstandig was. Hul straf word nie weerhou nie, maar hulle word vergewe. Dit is 'n mooi vers wat God se genade en regverdigheid saam uitbeeld.

Hoe dankbaar is ek nie dat Jesus Christus die straf vir my sonde op die kruis op Homself geneem het nie. Wanneer ek verkeerde goed doen, dan sal ek baie keer die gevolge daarvan hier op aarde dra, maar ek het die vrede met die wete dat ek deur Jesus, vergifnis en genade ontvang.