23 February 2023 / Vader en Seun / Matteus 17:5
Terwyl hy nog praat, het ’n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en ’n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.” - Matt. 17:5
Het jy al daaraan gedink dat dit nie net ek en jy is wie 'n kind van God is nie, maar Jesus ook? Jesus is die Seun van God, dit beteken Hy is God se Kind. Dit is kosbaar wanneer ek lees dat God verheug om oor Jesus. Ek wil graag die Vader dien op so 'n manier dat ek weet die Vader verheug Hom oor my.
Partykeer maak ons God hartseer wanneer ons nie na Jesus luister en doen wat reg is nie, maar wanneer ons gehoorsaam is aan Jesus en reg doen voor die Vader, dan is Hy bly en ek hoop dat Hy ook oor my partykeer verheug word!
Dink 'n bietjie
Hoe sal dit jou laat voel as jy weet God is verheug oor jou?