24 April 2023 / Respek vir God se Naam / Psalm 29:2
Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning! - Ps 29:2
Wanneer dit kom by respek, dan is daar baie areas waar ons respek kan toon. Vir God is daar aspekte soos God se naam, Sy karakter, Sy teenwoordigheid, Sy Woord, Sy diensknegte, ens. Die basiese beginsel is om 'n houding van eerbied en waardering te hê vir die merkwaardigheid van 'n persoon of van 'n ding.
Wanneer dit kom by God, is God se naam uiters heilig en ons moet dit respekteer en eerbiedig. Dit is jammer dat die media en wêreld God en Jesus Christus se naam so los gebruik, veral as 'n kras woord. Ons moet oppas dat ons nie aandeel daaraan het nie.
Inteendeel, ons moet respek wys vir God se naam nie net deur ons woorde nie, maar deur ons gedrag en leefstyl - want as ons onsself 'n Christen noem, dan dra ons God se naam en moet ons dit eerbied.