21 Julie / Lukas 6:37 / Vergifnis

Om iemand te vergewe, beteken om iemand vry te spreek. 'n Ou vriend het eendag lang terug verduidelik dat vergifnis beteken om nie wraak te neem wanneer jy die geleentheid kry nie.

21 Julie / Lukas 6:37 / Vergifnis
Photo by Billy Pasco / Unsplash
“Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. - Lukas 6:37

Jesus leer vir Sy volgelinge 'n baie belangrike unversiële beginsel: wat jy saai sal jy maai. Jy kan gerus die vers voor en na hierdie een gaan lees om die volle prentjie te kry, maar Jesus maak dit duidelik dat dit wat jy saai en aan ander doen, sal na jou toe ook terugkeer.

Die vers praat van om iemand vry te spreek, die Engelse vertalings gebruik die woord "forgive". Om iemand te vergewe, beteken om iemand vry te spreek. 'n Ou vriend het eendag lang terug verduidelik dat vergifnis beteken om nie wraak te neem wanneer jy die geleentheid kry nie. Hoe ookal jy dit wil beskryf, op die ou einde van die dag moet ons ander mense vergewe, soos ons ook verwag dat hulle ons sal vergewe. Ons moet nie dit wat mense verkeerd doen, teen hulle hou nie, maar hulle vryspreek.

Dink 'n bietjie

Wie moet jy nog vryspreek in jou lewe? Dalk is hulle nie eers bewus dat jy nog 'n wrok teen hulle koester nie en die uiteinde is dat dit jou alleen eintlik op eet...