21 Januarie – God is reeds daar
Waarheen jy ook al gaan, God is reeds daar. Jy is nooit alleen nie.
Neem ek die vlerke van die daeraad, gaan woon ek by die einde van die see; ook daar sal u hand my lei, u regterhand my vashou. - Psalm 139:9–10 (AFR20)
Oordenking:
Waarheen jy ook al gaan, God is reeds daar. Jy is nooit alleen nie. Jy kan nie God se teenwoordigheid ontvlug nie, en waarheen jy ook al oppad is – God wag daar vir jou.
Vraag / Uitdaging:
Wat verander in jou lewe, as jy vandag regtig glo dat God jou voor uit gaan?
Gebed:
Here, dankie dat ek nooit buite U teenwoordigheid is nie. Gee my rus in die wete dat U elke tree saam met my gaan. Amen.