20 Junie / Romeine 14:17-19 / Vrede
Wanneer ons gehoorsaam aan God lewe, dan gee die Heilige Gees vir ons vrede en vreugde. Partykeer sukkel mense om vrede te kry in hul lewe en verhoudings, en hulle wonder hoekom daar heeltyd rusie in hul verhoudings en lewens is...
17 Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. 18 Wie op hierdie manier vir Christus dien, geniet die guns van God en die agting van die mense.
19 Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder. - Romeine 14:17-19
Paulus praat hier in die breër konteks van om nie mekaar te laat struikel nie en dan fokus hy op eenheid en vrede...
Wanneer ons gehoorsaam aan God lewe, dan gee die Heilige Gees vir ons vrede en vreugde. Partykeer sukkel mense om vrede te kry in hul lewe en verhoudings, en hulle wonder hoekom daar heeltyd rusie in hul verhoudings en lewens is... dalk is dit omdat hul nie in volle gehoorsaamheid aan God lewe nie.
Vers 19 sê ons moet ons beywer vir die dinge wat vrede bring onder mekaar.
Vraag
Doen jy alles in jou vermoë om in vrede teenoor ander mense te lewe? Of is jy dalk self die oorsaak dat daar nie vrede in party van jou verhoudings is nie?
Ek wil graag van jou hoor!
Kontak my gerus by [email protected] of WhatsApp my by 0849955840.
Groete, Riaan