20 Julie / Kolossense 3:12-13 / Vergifnis

Die opdrag is eenvoudig, soos die Here ons vergewe het, so moet ons mekaar vergewe. Hoe het die Here jou vergewe?

20 Julie / Kolossense 3:12-13 / Vergifnis
Photo by Sandy Millar / Unsplash
Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. - Kolossense 3:12-13

Ek dink nou aan wat die ouers partykeer vir die kinders sê: "Speel mooi met die maatjies!". Ons is deel van die uitverkore volk van God. As 'n volk, een groot familie in Christus, trap ons partykeer op mekaar se tone. Ons behoort wel nie net aan enige familie as t'ware nie, maar aan God se familie. Ons is God se volk. Daarom is daar reëls, reëls of verwagtinge wat die Here het en dit is om "mooi" met mekaar te werk.

Die opdrag is eenvoudig, soos die Here ons vergewe het, so moet ons mekaar vergewe. Hoe het die Here jou vergewe? Vergewe jy ander Christene dieselfde as hoe die Here jou vergewe het? Indien nie, waarom nie?