1 min read

20 Januarie – Begin weer

God se genade is elke oggend nuut. Jy kry altyd weer ’n kans om oor te begin. Sy genade is oneindig, omdat Hy getrou is.
20 Januarie – Begin weer
Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. - Klaagliedere 3:23 (AFR20)

Oordenking:

God se genade is elke oggend nuut. Jy kry altyd weer ’n kans om oor te begin. Sy genade is oneindig, omdat Hy getrou is. Al het ek die vorige dag opgemors, wanneer ek in die oggend opstaan kan ek myself herinner dat God se genade daar is vir my. Elke nuwe dag, gryp ek aan met nuwe genade en nuwe krag.

Vraag / Uitdaging:

Waar het jy vandag ’n nuwe begin nodig?

Gebed:

Here, dankie vir U nuwe genade vandag. Help my om met hoop en vertroue weer te begin waar ek moedeloos geraak het. Amen.