2 November / Voordeel van hard werk / Spreuke 12:24

2 November / Voordeel van hard werk / Spreuke 12:24
Photo by Hunters Race / Unsplash
Hardwerkende mense kom in magsposisies; lui mense word dwangarbeiders. - Spr. 12:24

Wat is jou gedagtes? Wat kom by jou op? Deel 'n bietjie met my...

Ek dink onmiddelik dat daar heelwat mense in magsposisies is wat glad nie daar behoort nie. Hulle is onbekwaam en lui... maar dit is gelukkig die uitskieters. Oor die algemeen is dit gewoonlik die hardwerkende mense wie bevorder word en wie vooruit beweeg in die werksplek.

Dit kan ook frustrerend wees wanneer mens wel hard werk en jou baas sien dit nie raak nie en gee jou nie die verdiende bevordering of verhoging nie. Hoe behoort 'n Christen in so 'n situasie te regeer?