2 Mei 2023 / Respekteer jou ouers / Eksodus 20:12
“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. - Eks 20:12
Partykeer spot ek en sê dat die enigste waarborg wat ons het in hierdie lewe is om ons ouers te eer. As gelowiges het ons die mandaat om ons ouers te respekteer.
Dit beteken nie dat ons ouers noodwendig perfek is nie, maar om hulle te eer en respek te toon is iets wat God van ons verwag en wat ons doen uit ontsag vir die Here - nie omdat ons dink ons ouers dit dalk verdien of nie verdien nie.