2 Julie / Matteus 6:14-15 / Vergifnis
Hierdie vers maak dit duidelik dat 'n Christen se vermoë en verantwoordelikheid om te vergewe gebasseer is op God wat ons onvoorwaardelik vergewe.
“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” - Matteus 6:14-15
Sjoe, harde woorde. Vir God om ons sondes te vergewe en om ons te red, is nie afhanklik van my wat eers ander mense moet vergewe nie, want ons word gered op geloof alleen in Jesus Christus. Ons persoonlike verhouding met God is wel moontlik, mits ons ander vergewe. Ons kan nie in 'n gesonde verhouding met God wandel terwyl ons weier om ander te vergewe nie.
Hierdie vers maak dit duidelik dat 'n Christen se vermoë en verantwoordelikheid om te vergewe gebasseer is op God wat ons onvoorwaardelik vergewe.
Byt vas
Hierdie tema van vergifnis is nie 'n onderwerp wat baie mense op wil stil staan nie omdat ons geneig is om voorwaardes en omstandighede voor te hou vir uitsonderings.
Die volgende paar weke se Bybelverse gaan ons uit daag en ek wil jou vra om dit stadig en biddend deur te lees soos ons deur die Bybelverse werk.