19 April 2023 / Vermaan ander met respek / 1 Timoteus 5:1-2
’n Ouer man moet jy nie skerp teregwys nie, maar vermaan asof hy jou vader is. Vermaan die jonger mans soos jou broers, die ouer vroue soos moeders, en die jonger vroue soos susters, in alle eerbaarheid. - 1 Tim 5:1-2
Wanneer ons iemand vermaan of teregwys, moet ons dit doen met respek; met eerbaarheid. Iemand wie sy pa teregwys, moet dit saggies doen. Iemand wie sy broer teregwys sal dit 'n bietjie meer verm doen, maar met broederlike liefde. Wanneer jy 'n ouer vrou teregwys, doen dit soos jy jou eie ma sou hanteer met groot deurnis en baie liefde. En jonger vrouens, soos jou eie suster - met reinheid.
Partykeer vermaan ons iemand en ons emosie of frustrasie kry dalk die oorhand. Dit kan lei tot die gevolg dat ons te hard optreë en dalk ook verkeerd kan oorkom. Dalk veroordelend, terwyl ons anderste bedoel - dalk kwaai, waar ons nie kwaad is nie - dalk ongeskik, terwyl dit nie ons persoonlikheid is nie.
Kom ons maak 'n punt daarvan om die Here daagliks te vra dat Hy ons help om mense met respek te behandel - selfs terwyl ons besig is om hulle te vermaan.