18 Junie / Johannes 20:19 / Vrede

Verbeel jou vir 'n oomblik die emosie en opwinding wat die dissipels moes beleef het toe Jesus voor hulle verskyn het.

18 Junie / Johannes 20:19 / Vrede
Photo by Kelly Sikkema / Unsplash
'Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” ' - Johannes 20:19

Die dissipels het weggekruip vir die Jode, hulle was bang. Jesus was gekruisig en die graf was leeg. Hulle moes angstig gewees het, gevul met onsekerheid. Jesus verskyn voor hulle, ten spyte van die deure wat gesluit is en sê "Vrede vir julle".

'n Term wat dalk so eenvoudig klink, maar woorde wat vir die dissipels tot binne in hul harte spreek. Jesus Christus lewe!

Gedagte

Verbeel jou vir 'n oomblik die emosie en opwinding wat die dissipels moes beleef het toe Jesus voor hulle verskyn het.

Sover met ons dagstukkies is dit baie duidelik dat Jesus nie wil hê dat ons moet vrees nie.

Vanoggend wil ek jou herinner, moenie mense of die wêreldse dinge vrees nie. Jesus het die dood en hierdiê wêreld oorwin en ons kan in Hom vrede vind.


Ek wil graag van jou hoor!
Kontak my gerus by [email protected] of WhatsApp my by 0849955840.
Groete, Riaan