18 Februarie 2023 / Word soos jou leermeester / Lukas 6:40

18 Februarie 2023 / Word soos jou leermeester / Lukas 6:40
Photo by saira / Unsplash
’n Leerling is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal aan sy leermeester gelyk wees. - Lukas 6:40

Jesus lig hier uit dat 'n persoon word soos die persoon wie hy naboots of volg. Om Jesus se dissipel te wees, beteken dat ons moet streef om soos Jesus te wees in terma van ons kennis en optrede. Jesus het vir ons die perfekte voorbeeld gestel om te volg.

Oordenking

Wie is jy besig om na te volg? Is hy of sy 'n voorbeeld van hoe Jesus gelewe het? Is daar dalk iemand wie se voorbeeld jy besig is om te volg wie NIE in lyn is met die Skrif of Jesus se voorbeeld nie?