16 September / Is ek regtig Jesus se dissipel? / Johannes 13:34-35
Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” - Joh. 13:34-35
As ek nie my mede-gelowiges en -mens lief het nie; is ek regtig 'n dissipel van Jesus Christus?
Jesus maak dit baie duidelik dat Hy vir ons 'n opdrag gee om mekaar lief te hê. Liefde is die belangrikste gebod en alles spruit daaruit. Ons vermoë om mekaar lief te hê is 'n aanduiding van hoe Geestelik volwasse ons is en hoe goed ons in Jesus se voetspore volg.
Ons kan Jesus ken en die Woord ken, maar om alles te ken en weet en om 'n dissipel te wees is twee verskillende dinge. Kom ons begin by die begin en kry die "basics" reg deur almal om ons ten volle lief te hê soos Jesus ons lief het. Hoe het Jesus ons lief? Onvoorwaardelik!