1 min read

16 Maart – Wanneer moed min is

16 Maart – Wanneer moed min is
Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! - Psalm 27:14 (AFR83)

Oordenking:

Om op die Here te vertrou is ook nie maklik nie. Dit verg krag en uithouvermoë. Dit is maklik om op die Here te vetrou wanneer dit goed gaan - maar wanneer dinge swaar gaan ... hoe gemaak dan? Ons sien keer op keer hoe die Here deur kom vir Sy kinders. Ons moet net moed hou en sterk bly staan terwyl ons vertrou.

Vraag / Uitdaging:

Is jou moed min vandag? Stuur vir my 'n e-pos by [email protected], sodat ek vandag vir jou kan bid.

Gebed:

Here, ek weet U is die Koning van die heelal en dat U my niks skuld nie. Ek skuld U my lewe. Here, versterk my hart. Help my om op U te wag met hoop. Help my om nie moeg te word en op te gee nie. Kom my asseblief tegemoet, sodat ek sterk kan staan. Amen.