16 Junie 2023 / Verantwoordelikheid teenoor die natuur / Genesis 1:26
Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” - Gen 1:26
God het die mens, met die skepping, die verantwoordelikheid gegee om oor die aarde en al die diere te heers. Dit beteken dat die mens die verantwoordelikheid het om na die aarde en natuur te kyk en daarvoor te help sorg.
As Christen, het ek ook 'n verantwoordelikheid teenoor die natuur. Dit beteken nie ek mag nie die natuur tot my voordeel gebruik nie, maar dit beteken dat ek slim daarmee moet werk. Om nie bronne net uit te put nie, maar om voort te plant - om seker te maak dat die natuur voor gesorg word.
Dink 'n bietjie
Daar is baie aspekte van die natuur en hoe die mens daaroor heers, maar op watter manier dink jy kan jy jou deel doen om te help sorg vir die aarde? Wat is binne jou vermoë om gehoor te gee aan hierdie verantwoordelikheid wat God vir ons gegee het?