15 Junie 2022 / Lukas 2:14 / Vrede
Die vrede wat ons in Jesus Christus beleef, ontvang ons van die Vader af. Nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat God ons goedgunstig is.
14 “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!” - Lukas 2:14
Die Skaapwagters was so opgewonde toe die Engele voor hulle verskyn en vir hulle vertel dat Jesus Christus, die Verlosser, gebore is. Die Engele koor het uitgebars in sang: Eer aan God in die hoogste hemel!
Met Jesus se aankoms, volg daar Vrede. Die vrede wat ons in Jesus Christus beleef, ontvang ons van die Vader af. Nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat God ons goedgunstig is.
Gedagte
God het welbehae in jou, Hy wil jou goedgunstig wees omdat Hy lief is vir jou en daarom het Hy Sy Seun, Jesus Christus na die aarde toe gestuur om die mensdom met Hom te versoen.
Uitdaging
Tot watter mate probeer jy om jou stukkende verhoudings om jou te versoen?
Ek wil graag van jou hoor!
Kontak my gerus by [email protected] of WhatsApp my by 0849955840.
Groete, Riaan