15 Julie / Handelinge 13:38-39 / Vergifnis

Dankie Here dat ek nie hoef staat te maak op my eie werke of vermoë om by U geregverdig te word nie, maar dat ek deur my geloof en vertroue in Jesus Christus vergifnis kan kry en voor u geregverdig verklaar kan word.

15 Julie / Handelinge 13:38-39 / Vergifnis
Photo by Hanny Naibaho / Unsplash
“Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie. - Handelinge 13:38-39

Nadat Paulus die Evangelie, die Goeie Nuus dat Jesus leef en die dood oorwin het, in die verse voor hierdie verduidelik het - gee hy die toepassing van dit wat hy verkondig het:

  1. Deur geloof in Jesus Christus kan hulle vergifnis vir hul sondes kry en,
  2. dat ons vrygespreek word voor God en geregverdig word.

Die bg. is nie moontlik deur om die wet van Moses te onderhou nie, maar alleenlik moontlik deur geloof in Jesus Christus as verlosser en dat Hy uit die dood opgestaan het.

Gebed

Dankie Here dat ek nie hoef staat te maak op my eie werke of vermoë om by U geregverdig te word nie, maar dat ek deur my geloof en vertroue in Jesus Christus vergifnis kan kry en voor u geregverdig verklaar kan word. Amen.