1 min read

15 Februarie – God in my huwelik

Wanneer God deel is van ’n huwelik, word dit sterker. Hy is die derde koord wat dit bymekaar hou.
15 Februarie – God in my huwelik
As iemand die een wil oorweldig – twee kan teen hom standhou. 'n Driedubbele koord word nie maklik gebreek nie. - Prediker 4:12 (AFR20)

Oordenking:

Wanneer God deel is van ’n huwelik, word dit sterker. Hy is die derde koord wat dit bymekaar hou. Dit beteken nie dat alles maklik gaan wees nie, maar dit kan sterker wees. Mits beide man en vrou die knie buig voor Jesus.

Vraag / Uitdaging:

Hoe buig jy die knie voor Jesus in jou huwelik?

Gebed:

Dankie, Here, dat ek 'n huweliksmaat het. Help my om my knie te buig voor Jesus en om God toe te laat om in my te werk sodat ek die beste huweliksmaat moontlik kan wees. Amen.