1 min read

14 Maart – Klag is ook gebed

14 Maart – Klag is ook gebed
Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug. - Psalm 62:9 (AFR20)

Oordenking:

Ons mag ons harte voor God uit stort, selfs met klag en seer. Hy is ons Vader en by Hom vind ons skuiling en rus. Wanneer ons 'n verhouding met die Vader het, dan mag ons alles na Hom toe bring - inteendeel ons moet, want ons hoef nie alleen die emosie deur te werk nie.

Vraag / Uitdaging:

Probeer om 'n meer oop en eerlike gesprek met God te voer wanneer jy bid. Hy weet al klaar alles wat in jou lewe aan gaan, maar maak moeite om dit te kommunikeer - dit mag dalk net jou help om vinniger daar deur te werk.

Gebed:

Here, ek stort my hart voor U uit. Dankie dat ek eerlik by U mag wees. Amen.