13 Julie / Markus 3:28-29 / Vergifnis
Die Fariseërs wou nie erken dat Jesus die Seun van God is nie en dat die werk / wonderwerk wat Jesus doen, van God afkomstig is nie. Alle sondes kan die mens vergewe word, behalwe die sonde teen die Heilige Gees.
Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat. Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde. - Markus 3:28-29
Die Fariseërs wou nie erken dat Jesus die Seun van God is nie en dat die werk / wonderwerk wat Jesus doen, van God afkomstig is nie. Alle sondes kan die mens vergewe word, behalwe die sonde teen die Heilige Gees.
Wat Jesus basies hier na verwys is 'n hart wat teen God verhard of verset is en nie die reddingswerk van God deur Jesus Christus wil aanvaar nie.
Wat staan uit vir jou?
Daar is menigte maniere hoe Bybellesers na hierdie teks kyk en wat predikante hieroor kan preek - maar wat staan vir jou uit in hierdie teks? Wanneer jy dit lees, wat kom in jou gedagtes op?
Ek hoor graag van jou!