1 min read

13 Januarie – Wanneer ek afdwaal

Ons almal dwaal soms af, maar God gee nie op met ons nie. Sy genade soek ons.
13 Januarie – Wanneer ek afdwaal
“Wie van julle wat honderd skape het en hy verloor een van hulle, laat nie die nege-en-negentig in die woestyn agter, en gaan agter die verlore een aan totdat hy hom kry nie? - Lukas 15:4 (AFR20)

Oordenking:

Ons almal dwaal soms af, maar God gee nie op met ons nie. Sy genade soek ons. Wanneer ons bekeer, dan gee dit die Vader baie vreugde en daar word gejuig. Die vreudge wat die Vader beleef, wys vir ons hoe lief Hy ons het.

Vraag / Uitdaging:

Partykeer dwaal 'n mens van die pad af en verloor rigting in sy geestelike lewe. Hoe lyk jou geestelike lewe? Is jy nog op koers, of is jy besig om bietjie te dwaal?

Gebed:

Here, dankie dat U my soek wanneer ek afdwaal. Trek my hart weer nader aan U en help my om U stem raak te hoor. Amen.