1 min read

12 Januarie - Wag op die Here

Reg deur die Bybel sien ons die tema van om te "wag op die Here". Die Israeliete moes vashou aan God se beloftes en geduldig wag en volhard tot die belofte vervul word.
12 Januarie - Wag op die Here
(15) En so het Abraham dan, nadat hy geduldig gewag het, gekry wat aan hom beloof is ... (18) Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. - Hebreërs 6:15, 18 AFR83

Oordenking:

Reg deur die Bybel sien ons die tema van om te "wag op die Here". Die Israeliete moes vashou aan God se beloftes en geduldig wag en volhard tot die belofte vervul word. Wanneer die Volk moedeloos of ongeduldig geword het, dan het hulle hul rug op God gedraai en God het hulle gestraf.

"Fast forward" na die Nuwe Testament toe en ons leer dat ons tot die einde toe moet volhard – ons leer dat ons soos 'n wedren nie moet moeg word en uit sak nie – ons wag geduldig op die Here se Wederkoms en ons hou vas aan die belofte van ons redding.

Vraag / Uitdaging:

Waar moet ek in my lewe stadiger gaan en wag op die Here? Is ek oorhaastig, en probeer ek ietsie druk om ryp te wees—terwyl die tydsberekening nog nie reg is nie?

Gebed:

Here, help my om geduldig te wees en nie vooruit te hardloop nie. Leer my om U tyd te vertrou, selfs wanneer ek onseker voel. Amen.