12 April / Antwoorde op die regte tyd / Spreuke 15:23
’n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die regte woord op die regte tyd? - Spr 15:23
Ek het nog nooit hierdie vers opgelet nie, ek moes voorheen oor dit gelees het... Maar wow, so akkuraat en goed gesê.
Vir die persoon wat 'n antwoord het, bring dit vir hom vreugde om vir iemand 'n antwoord te kan gee, maar dit bring vreugde wanneer hy die antwoord op die regte tyd kan gee. Vir die hoorder, bring die antwoord vreugde, wanneer dit op die regte tyd gegee word ook.
Hoeveel kere het ons iemand al gehad wat vir ons 'n antwoord het vir ons situasie of vir iets wat ons wil weet of waarmee ons sukkel, maar hulle sê dit vir ons op 'n oomblik waar ons net nie in die regte "space" is om dit te hoor nie? Dan maak dit ons ongelukkig of omgekrap en dan voel die persoon wat probeer help ook nie so bly oor hulself wat probeer help nie?
Kom ons streef om vreugde vir onsself, en die ontvanger te bring, deur seker te maak dat ons antwoorde op die regte tyd en oomblik gee, wanneer dit gepas is.