11 Mei 2023 / Beloftes / Numerie 30:1-2
Moses het vir die leiers van die Israelitiese stamme gesê: “Dit is wat die Here beveel het: As iemand aan die Here ’n gelofte doen of met ’n eed ’n verpligting op hom neem, mag hy sy woord nie breek nie; hy moet hom aan alles hou wat hy beloof het. - Num 30:1-2
Beloftes... Daar is heelwat beloftes in die Bybel en ook heelwat wat handel omtrent beloftes.
'n Persoon se woord is baie belangrik. As hulle een keer hul woord nie nagekom het nie, is dit moeilik vir ander partye om hul ernstig op te neem die volgende keer.
Die grootste uitdaging van 'n belofte is dat ons aan God daarvoor ook verantwoording moet doen! Daarom raai God nie aan dat 'n mens sommer 'n belofte maak nie.