11 Januarie – Roeping sonder druk
God se roeping druk jou nie plat nie. Hy nooi jou om tot Hom te nader vir volle rus, veral terwyl jy God se wil nastreef.
Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. - Matteus 11:28 (AFR20)
Oordenking:
God se roeping druk jou nie plat nie. Hy nooi jou om tot Hom te nader vir volle rus, veral terwyl jy God se wil nastreef. Wanneer ons ons doel in ons eie krag probeer vermag, dan gaan ons gou moeg en moedeloos word. Vind jou rus by die Here!
Vraag / Uitdaging:
Waar ervaar jy onnodige druk? Wat is daar tans in jou lewe wat vir jou vreeslik swaar is om te dra, wat jy nog aan Jesus moet oorgee?
Gebed:
Here, ek bring my moegheid na U toe. Leer my om my roeping uit te leef vanuit U rus en nie uit selfopgelegde druk nie. Help my om te besef wanneer ek op my eie krag staatmaak en om U krag eerder te soek. Amen.