10 Julie / 1 Johannes 1:9 / Vergifnis

Ek het daardie aand my Sondagskool juffrou gebel om die nuus met haar te deel en sy het dadelik vir my gesê ek moet 1 Johannes 1:9 gaan lees en die vers memoriseer.

10 Julie / 1 Johannes 1:9 / Vergifnis
Photo by Isaac Quesada / Unsplash
Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. - 1 Johannes 1:9

Ek was seker 12 jaar oud, 31 Maart 2004 dink ek, toe ek my hart vir die Here gegee het en my lewe aan Hom toegwy het. Ek het daardie aand my Sondagskool juffrou gebel om die nuus met haar te deel en sy het dadelik vir my gesê ek moet 1 Johannes 1:9 gaan lees en die vers memoriseer.

18 Jaar later en ek word amper daagliks aan hierdie vers herinner met die wete dat wanneer ek om vergifnis vra by die Here; dan weet ek Hy maak my rein en die Here kyk na my met 'n skoon bladsy.

Gebed

Vader, U is heilig, regverdig en almagtig. U weet van elke kwaal en elke ding wat ek verkeerd al gedoen het en wat ek nog gaan doen, maar ten spyte van dit het U my lief. Dankie Vader dat ek tot U kan nader en kan weet dat U getrou is en dat U my sondes vergewe. Help my om op die regte pad te bly terwyl U Woord vir my voete die lig gee. Amen.